Jackie Stewart

Jackie Stewart
Stewart by die 2014 6-uuruithouren op Silverstone
Stewart by die 2014 6-uuruithouren op Silverstone
Geboortedatum 11 Junie 1939 (1939-06-11)
Geboorteplek Milton, Dunbartonshire, Skotland
Volle naam John Young Stewart
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Brit
Aktiewe jare 1965–1973
Ou span(ne) BRM, Matra, March, Tyrrell
Inskrywings 100 (99 begin)
Kampioenskappe 3 (1969, 1971, 1973)
Oorwinnings 27
Podiums 43
Loopbaanpunte 359
Voorste wegspronge 17
Vinnigste rondtes 15
Eerste F1-wedren 1965 Suid-Afrikaanse Grand Prix
Eerste wen 1965 Italiaanse Grand Prix
Laaste wen 1973 Duitse Grand Prix
Laaste inskrywing 1973 Verenigde State Grand Prix (nie weggespring)

Sir John Young "Jackie" Stewart, OBE (gebore op 11 Junie 1939) is 'n Britse voormalige Formule Een-renjaer uit Skotland. Met die bynaam die "Flying Scot", het hy tussen 1965 en 1973 aan Formule Een deelgeneem, drie bestuurderswêreldkampioenskappe gewen, en twee keer as naaswenner geëindig oor die nege seisoene. Hy word deur baie mense beskou as een van die grootste jaers in die geskiedenis van die sport. [1] [2]

Buiten Formule Een loop hy net-net 'n oorwinning mis by sy eerste poging op die Indianapolis 500 in 1966, en hy het in 1970 en 1971 aan die Can-Am-reeks deelgeneem. Tussen 1997 en 1999 was hy in vennootskap met sy seun, Paul, spanhoof van die Stewart Grand Prix Formule Een-renspan.

Stewart was ook instrumenteel in die verbetering van die veiligheid van motorwedrenne, en het hom beywer vir beter mediese fasiliteite en die verbetering van die baan by motorsportbane.

Na die dood van John Surtees in 2017 is hy die laaste oorlewende Formule Een-wêreldkampioen uit die 1960's.

  1. "Formula 1's Greatest Drivers – AUTOSPORT.com – Jackie Stewart". f1greatestdrivers.autosport.com.
  2. "Top 20 Greatest F1 racers: Sir Jackie Stewart". www.sportskeeda.com. 14 Desember 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search